Geloftedag. Maak dit nog saak as ek in die buiteland woon?

Loading player...
Dis 16 Desember. Iewers in ’n sneeubedekte voorstad sit ’n Afrikaner gesin knus voor die kaggelvuur. Die kinders vra: “Mamma, wat vier ons vandag?”
Die mamma probeer verduidelik, maar dis nie heeltemal so maklik nie. Tog is dit vir haar belangrik dat haar kinders moet verstaan wat Geloftedag is.

Maar wat gebeur met Geloftedag as jy duisende kilometers weg woon?
Waar daar geen kerkdiens of byeenkoms is nie en dit net nog ‘n gewone skool- en werksdag is?

In dié episode van Grenslose geselsies praat Marisa Engelbrecht met Hannes Noëth, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, oor Geloftedag.
15 Dec 2025 Afrikaans South Africa Leisure · Kids & Family

Other recent episodes

Moedertaal-geankerde kinders in ’n nuwe omgewing

Wanneer ’n gesin emigreer, pak hy nie net sy tasse nie, hy pak ook sy taal en sy identiteit. Maar wat gebeur wanneer daardie TAAL stadig stil raak in die nuwe land? Wanneer ’n kind begin speel en droom in ’n ander taal as dié waarin sy ouma hom lief…
17 Apr 19 min

Hart tot hart saam met @Komyn & Komyntjie

Op sosiale media deel @Komyn & Komyntjie gereeld brokkies oor haar lewe – eerlik, eg, eenvoudig en met ‘n bietjie hoop. In vandag se episode van Grenslose Geselsies hoor gesels ons oor haar geloofspad, ma-wees in ‘n vreemde land, en hoe sy haar Afrikaanse identiteit verdiep het. Kom kuier saam.
29 Jan 23 min

'Huis is waar ons as gesin saam is'

Toe haar man vir meer as ‘n jaar gesukkel het om in Suid-Afrika werk te kry, is die Richardson-gesin gedwing om hul vlerke wyer uit te strek, en binne twee weke het haar man ‘n pos in Londen gehad. Terwyl hy daar vir sy gesin ‘n nuwe begin geskep het,…
17 Dec 2025 16 min