
Tienerswangerskappe nasionale krisis in SA
Loading player...
Die Forum vir Suid-Afrika sê tienerswangerskappe het kommerwekkende vlakke bereik en moet as 'n nasionale krisis behandel word. In Mpumalanga alleen het 9 712 tieners na bewering in 2025 geboorte gegee, insluitend 'n 14-jarige op Nuwejaarsdag. Fosa-woordvoerder Tebogo Mashilompane sê die tendens moet nie genormaliseer of gevier word nie, en waarsku teen verwoestende sosiale, gesondheids- en opvoedkundige gevolge. Hy doen 'n beroep op dringende optrede en verantwoordbaarheid, veral waar volwassenes betrokke is:

