Die Trump-administrasie kom onder toenemende druk om die besonderhede van die memorandum van verstandhouding met Iran bekend te maak. Amerikaanse visepresident JD Vance het met Jake Tapper van CNN gepraat en terwyl hy geen besonderhede gedeel het nie, sê hy die dokument is maar ‘n blad en ‘n half lank.
Krieket: Engeland se hoofafrigter, Brendon McCullum, sê hy is bekommerd oor Ben Stokes na 'n voorval by 'n Chelsea-nagklub waarin die kaptein 'n middernagtelike aandklokreël saam met snelbouler Gus Atkinson verbreek het. Die twee is uit die groep gelaat vir die tweede toets teen Nieu-Seeland, wat môre by The Oval…
MTC het as 'n Huawei-ondernemingsvennoot geregistreer, wat sy kapasiteit verhoog om ondernemingstegnologie-oplossings te ontwerp, ontplooi en ontwikkel. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi sê die vennootskap kombineer die maatskappy se kennis van die plaaslike mark met Huawei se tegnologie-kundigheid en ondersteun die land se pogings tot digitale transformasie.
Die DA het die vennote in die regering van nasionale eenheid versoek om saam te werk aan gekoördineerde stappe om wetstoepassing te versterk, grensbeheer te verbeter en verdere geweld te voorkom. Glynnis Breytenbach van die party sê die parlement se veiligheidsgroeperings moet dringend 'n gesamentlike sitting byeen roep om te…
Die Portefeuljekomitee van die Gauteng Provinsiale Wetgewer oor Gemeenskapsveiligheid het die skorsing van die hoof van die Gautengse Verkeerspolisie, Samuel Mashaba verwelkom hangende 'n dissiplinêre proses. Die besluit volg na getuienis voor die Madlanga-kommissie, waar Mashaba erkennings gemaak het wat tot ernstige wangedrag kan lei. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.