
Polisie ondersoek nootlottige vliegongeluk in Vrystaat
Loading player...
Die Vrystaatse polisie ondersoek 'n noodlottige ligte vliegtuigongeluk in die Ferreira-gebied. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê beamptes is na die toneel gestuur, waar nooddienste 'n manlike vlieënier in die wrak vasgekeer gevind het. Die 45-jarige is op die toneel dood verklaar. Kareli sê die vlieënier se identiteit word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is. Hy het bevestig dat 'n geregtelike doodsondersoek geopen is:

