Nuwe toep help met huur

Loading player...
'n Nuwe platform genaamd Pozi is bekendgestel om studente en gegradueerdes te verbind met veilige,bekostigbare akkommodasie, terwyl dit verhuurders help om betroubare huurders en 'n bestendige inkomste te verseker. Die toep is daarop gemik om riskante, informele huisvestingsoektogte te vervang met 'n betroubare, deursigtige stelsel wat ontwerp is om een van die land se grootste studente-uitdagings te verlig. Pozi se medestigter, Valontino James:
3 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril veroordeel VSA se optrede in Venezuela

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, het die Amerikaanse optrede in Venezuela veroordeel en sê dit ondermyn die land se soewereiniteit en die integriteit van sy grondgebied. Ramaphosa het tydens die 31ste jaarlikse herdenking van die vryheidsvegter, Joe Slovo, in Soweto, Johannesburg, gevra vir die onmiddellike vrylating van president Nicolás Maduro en…
6 Jan 10AM 1 min

Langafstand-swemmer durf Valsbaai aan vir DBV

Swem: Die gesoute langafstand-swemmer en Guinness-wêreldrekordhouer, Howard Warrington, gaan vandag die 34 kilometer oor Valsbaai swem. Hy wil fondse insamel vir die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging se ambisieuse plan om 10 000 diere te steriliseer. Die DBV-woordvoerder, Belinda Abraham, sê hulle het verlede jaar meer as 23 000 weggooidiere…
6 Jan 10AM 1 min

Nanso-president bemoedig skoolverlaters

Terwyl die afwagting op die 2025-eksamenuitslae se vrystelling op 13 Januarie toeneem, ontvang leerders 'n stortvloed van gelukwensende en bemoedigende boodskappe. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Dorthea Nangolo, opgemerk dat hierdie wagtydperk baie stresvol kan wees. Sy het 'n boodskap…
6 Jan 9AM 1 min

Capricorn Eagles reg vir Nepal, sê afrigter

Francois van der Merwe, die afrigter van die Capricorn Eagles, sê sy span is gereed vir die Internasionale Krieketraad se T20 Wêreldbeker-kwalifiseerder vir vroue. Die kwalifiseringswedstryde is geskeduleer vir 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal. Van der Merwe het vanoggend met die media gepraat voor die span se vertrek…
6 Jan 9AM 1 min