Ramaphosa kondig klimaatkommissie aan

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die Presidensiële Klimaatkommissie van 25 lede vir die 2026/2030-termyn aangekondig, na aanleiding van openbare benoemings ingevolge die Wet op Klimaatsverandering van 2024. Die kommissarisse, insluitend Nasiphi Moya en Shaamela Soobramoney, bring kundigheid in klimaatbeleid, volhoubare ontwikkeling, energie en maatskaplike geregtigheid. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa het hulle aangespoor om bewysgebaseerde raad te gee en inklusiewe dialoog te fasiliteer om Suid-Afrika se billike oorgang en klimaatveerkragtige ekonomie te bevorder:
4 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteitsveldtog geloods om mense van Kuba te steun

'n Landwye solidariteitsveldtog is van stapel gestuur om steun vir die mense van Kuba te mobiliseer. Kuba staar 'n ernstige sosio-ekonomiese krisis in die gesig wat gesondheid, energie, onderwys en landbou raak as gevolg van dekades-lange Amerikaanse sanksies en die olie embargo wat tans in plek is. Die veldtog word…
22 Apr 11AM 1 min

SA inflasie styg tot 3,1% in Maart

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Maart tot 3,1-persent gestyg vanaf drie-persent in Februarie, met pryse wat maandeliks met 0,6-persent gestyg het. Die toename is aangevuur deur hoër koste in verskeie kategorieë, insluitend onderwys, vervoer, behuising en verblyfdienste. Woordvoerder Ricado Johnson sê vervoerinflasie het in deflasie gebly as gevolg van…
22 Apr 11AM 1 min

Skenk bloed hierdie Saterdag, help red lewens!

Die Bloedoortappingsdiens berig dat hulle verlede Saterdag sukses behaal het met hul "Rooi Saterdag"-bloedskenkingsveldtog, met potensieel 663 Namibiese lewens wat gered is. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysbeampte Frieda Vatileni-Asino gepraat, wat sê die inisiatief is strategies georganiseer voor al die komende openbare vakansiedae, 'n tydperk wat dikwels gekenmerk…
22 Apr 10AM 1 min

NNN, hoëvlak-afvaardiging fokus op visbedryf-uitdagings

President Netumbo Nandi-Ndaitwah lei 'n hoëvlak-afvaardiging, saam met haar adjunk en die eerste minister, na Walvisbaai vir 'n driedaagse vergadering met rolspelers in die visbedryf. Die vergadering het ongeveer 250 deelnemers gelok. Die vergadering, wat as beide doelbewus en konstruktief beskryf word, is ontwerp om betekenisvolle dialoog oor die visbedryf…
22 Apr 10AM 1 min