
Cosatu veroordeel VSA-aanval op Venezuela
Loading player...
Die vakverbond Cosatu sê Amerika se aanval op Venezuela is ʼn regstreekse aanval op die regte en soewereiniteit van alle mense, veral in die Globale Suide. Amerika het die Venezolaanse president, Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, die naweek in hegtenis geneem. Cosatu se internasionale sekretaris, Bongani Masuku, sê Amerika skend internasionale reg, multi-lateralisme en die beginsel van state se gelykheid, en vra beslissende optrede van die internasionale gemeenskap:

