Capricorn Eagles reg vir Nepal, sê afrigter

Loading player...
Francois van der Merwe, die afrigter van die Capricorn Eagles, sê sy span is gereed vir die Internasionale Krieketraad se T20 Wêreldbeker-kwalifiseerder vir vroue. Die kwalifiseringswedstryde is geskeduleer vir 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal. Van der Merwe het vanoggend met die media gepraat voor die span se vertrek na Indië vir vier wedstryde teen Assam ter voorbereiding.
6 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA 'gereed vir vroue-president'

Die ANC se tesourier-generaal, Gwen Ramokgopa, sê besprekings oor president Cyril Ramaphosa se opvolger sal eers volgende jaar begin. Sy het op die ANC se Presidensiële Gholfdag in Sun City, Noordwes, gesê die party se huidige fokus is op die komende plaaslike regeringsverkiesing. Sy voeg by Suid-Afrika is gereed vir…
7 Jan 10AM 1 min

Sal VSA Groenland inval? Nee wat, sê analis

Terwyl die Trump-administrasie voortgaan met uitsprake oor Groenland, wat volgens hulle nodig is vir Amerika se sekuriteit, blyk daar nie 'n gevaar te wees dat die VSA Groenland sal inval nie. Die New York Times se senior korrespondent in Brittanje, Michael Shear, het met SkyNews se Wilfred Frost gepraat, en…
7 Jan 10AM 1 min

Gemeenskapsaktivis op reis vir eie 'grond-oudit'

Die gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb is besig met 'n toer deur die land om na te gaan watter plase leeg staan. Hy besoek ook plase waar daar Ikhomani voorvadergrafte is. Volgens Gariseb gaan hy deur sy prokureur, Kadhila Amoomo, die regering dwing om 'n grond-oudit te doen. Gariseb het met Kosmos…
7 Jan 9AM 1 min

ReconAfrica maak reg vir produksietoets op Kavango Wes 1X-put

ReconAfrica beplan om hulle eerste produksietoets op die Kavango Wes 1X-put in noordoostelike Namibië uit te voer. Verder werk hulle aan die verkryging van die toerusting wat nodig is vir die toets, wat na verwagting teen die einde van die eerste kwartaal van 2026 gedoen sal word. Tydens 'n podsending…
7 Jan 9AM 1 min