Geen foefies, slenters sal geduld word met begin van skooljaar nie

Loading player...
Onderwysminister dr. Sanet Steenkamp het gewaarsku dat geen leerder vir plasing in 'n openbare skool moet betaal nie. Sy het onderwysers en skooladministrateurs gewaarsku dat die aanvaarding van geld, geskenke of gunste vir toelating onwettig is, en het ouers aangespoor om amptelike toelatingsprosedures deur streek- en skooltoelatingskomitees te volg. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
6 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Etunda se mango-oes kom in

Die Etunda besproeiingprojek in die Omusati-streek is tans midde-in sy mango-oesseisoen, wat in November verlede jaar begin het en na verwagting in Februarie sal eindig. Die projek verwag om vanjaar ongeveer 70 ton vars mango's te oes, wat dit beplan om plaaslik te verkoop. Die mango-boord bestaan uit sowat 7…
8 Jan 1AM 1 min

Kaapse Forum sê rassisme het rol in Mothibi se aanstelling gespeel

Die Kaapse Forum vermoed rassisme het 'n rol gespeel in die aanstelling van die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi. Die burgerregtegroep sê Mothibi, wat nie op die amptelike kortlys was nie, is gekies bo ses kortlyskandidate, insluitend Hermione Cronjé, en spreek kommer uit oor die rassesamestelling van…
8 Jan 1AM 1 min

Noem verdedig ICE-skietery van burgerlike

Amerika se minister van Binnelandse Veiligheid, Kristi Noem, het die optrede van ʼn ICE-agent verdedig wat ʼn 37-jarige vrou in Minneapolis doodgeskiet het. Sy sê dodelike geweld is wettig wanneer ʼn wapen iemand bedreig. Owerhede sê die skietvoorval het plaasgevind toe ʼn gewelddadige betoger probeer het om ʼn immigrasiebeampte om…
8 Jan 12AM 1 min

Dakar: Henk Lategan is boaan algemene ranglys

Henk Lategan van Suid-Afrika het die vierde skof van die Dakar-tydren gewen en is nou boaan die algemene ranglys. Lategan, wat verlede jaar algeheel tweede was, het die vyfde skof van sy loopbaan in sy Toyota Hilux gewen. Die vyfmalige Dakar-kampioen van Katar, Nasser Al-Attiyah, was tweede vinnigste en Marek…
8 Jan 12AM 1 min

Reën word die naweek verwag, met moontlike swaar neerslae

Namibië kan hierdie naweek reënval verwag namate 'n kragtige weerstelsel die streek binnedring. Meteorologiese data toon dat die stelsel teen Saterdagaand oor die oostelike en sentrale dele van die land sal inbeweeg, met toestande wat na verwagting Sondag sal vererger. Onafhanklike meteoroloog Johan van den Berg doen 'n beroep op…
8 Jan 12AM 1 min