Kaapse Forum sê rassisme het rol in Mothibi se aanstelling gespeel

Loading player...
Die Kaapse Forum vermoed rassisme het 'n rol gespeel in die aanstelling van die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi. Die burgerregtegroep sê Mothibi, wat nie op die amptelike kortlys was nie, is gekies bo ses kortlyskandidate, insluitend Hermione Cronjé, en spreek kommer uit oor die rassesamestelling van die adviespaneel. Aldo Carelse van die Forum sê aanstellings in sleutelposte in die regsektor moet deursigtig en billik wees:
8 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer bronne, beter bevestiging rakende getuies oor politieke inmenging

ActionSA se lid van die parlementêre ad hoc-komitee oor politieke inmenging in die regstelsel, Darleen James, waarsku bewerings deur onbevestigde getuies kan die ondersoekproses ontspoor. Sy het tydens vanjaar se eerste sitting gevra vir sterker bevestiging, meer regshulpbronne en verbeterde getuiebeskerming. James steun die EFF se oproepe vir bykomende hulpbronne…
8 Jan 10PM 1 min

ICE-skietery van ma van 3 in Minneapolis steeds in die nuus

Internasionaal en spanning tussen Minnesota en federale amptenare het Donderdag vererger na 'n Amerikaanse immigrasie-agent vir Renee Nicole Good, 'n 37-jarige ma van drie, in Minneapolis doodgeskiet het. Die FBI het skielik besluit om alleen die voorval te ondersoek en nie meer met die Minnesota Buro vir Kriminele Aanhouding saam…
8 Jan 10PM 1 min

Salom Nikanor se testikels verbrand na moord, sê NamPol

Die hoof van NamPol Oshana misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Fredrik Ndjadila, het bevestig dat die testikels van die 41-jarige Salom Nikanor afgesny en verbrand is. Nikanor se liggaam is op 4 Januarie deur 'n gemeenskapslid in vlak water by 'n pan agter die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontdek. Verdere ondersoeke het bevestig…
8 Jan 10AM 1 min

DA help in Mosselbaai na verwoestende brande

Die DA in die Wes-Kaap sê hy ondersteun inwoners van Mosselbaai ná die verwoestende brande wat huise verwoes en lewens ontwrig het. Die party het sy innige meegevoel uitgespreek teenoor gesinne wat geraak is, sowel as sy dankbaarheid teenoor brandbestryders en vrywilligers wat hul lewens gewaag het. DA-lid Venolea Fortuin…
8 Jan 10AM 1 min