
VERSKILMAKERS: Die Geskenkhuisie
Loading player...
Die Geskenkhuisie Kersmark was ‘n groot sukses en die besoekers aan die mark het die Gemeenskapsprojek vir 2025 met soveel liefde en mooi harte ondersteun. Hul het daarop gefokus om toiletware vir behoeftige bejaardes in te samel. Barbara van Rooyen van Die Geskenkhuisie het by Sarina kom draai om die items te oorhandig. Daar is ook bekendgemaak dat Kairos se sewe tehuise hierdie skenkings sal ontvang. Dankie vir ELKEEN wat 'n bydrae gemaak het!!


