
ICE-skietery van ma van 3 in Minneapolis steeds in die nuus
Loading player...
Internasionaal en spanning tussen Minnesota en federale amptenare het Donderdag vererger na 'n Amerikaanse immigrasie-agent vir Renee Nicole Good, 'n 37-jarige ma van drie, in Minneapolis doodgeskiet het. Die FBI het skielik besluit om alleen die voorval te ondersoek en nie meer met die Minnesota Buro vir Kriminele Aanhouding saam te werk nie. Die staat se goewerneur, Tim Walz, het op 'n perskonferensie gesê dat enige federale ondersoek sonder staatsbetrokkenheid, waarskynlik as 'n "witwassery" gesien sal word. Hy sê dit is omdat mense in magsposisies, van die president en vise-president tot die sekretaris van binnelandse veiligheid Kristi Noem, reeds dinge vir die publiek vertel het wat bewysbaar vals is. CNN se Christiane Amanpour het met Senator Bernie Sanders oor die voorval gepraat:

