
Meer bronne, beter bevestiging rakende getuies oor politieke inmenging
Loading player...
ActionSA se lid van die parlementêre ad hoc-komitee oor politieke inmenging in die regstelsel, Darleen James, waarsku bewerings deur onbevestigde getuies kan die ondersoekproses ontspoor. Sy het tydens vanjaar se eerste sitting gevra vir sterker bevestiging, meer regshulpbronne en verbeterde getuiebeskerming. James steun die EFF se oproepe vir bykomende hulpbronne en eis dat die aktivis Paul O'Sullivan persoonlik verskyn. Sy sê Suid-Afrikaners verwag beslissende, geloofwaardige uitkomste:

