As jy 'n band met Epstein gehad het, moet jy om verskoning vra

Loading player...
Die onderhoud van die voormalige Britse ambassadeur na die VSA Lord Peter Mandelson oor sy bande met Jeffery Epstein, het groot kritiek uitgelok. Hy sê hy is gay en dus, was nie bewus van enige mensehandel of seksuele misbruik nie. Sky News het gepraat met die Britse sakeminister Peter Kyle, wat baie uitgesproke daaroor was. Hy sê enigiemand met bande met Epstein moet daarvoor om verskoning vra.
12 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie-portefeuljekomitee sê Masemola moet geskors word

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie het president Cyril Ramaphosa gevra om dadelik op te tree en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, te skors. Hy is amptelik aangekla van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die beweerde onregmatige toekenning van ʼn kontrak van 360…
22 Apr 4AM 1 min

Iran vertrou nie VSA nie, sy aksies weerspreek sy woorde

Abas Aslani, senior navorsingsgenoot van die Sentrum vir Midde-Oosterse Strategiese Studies in Teheran, sê die vertrouenstekort tussen die VSA en Iran is beduidend, maar voeg by dat daar 'n duidelike proses agter Iran se besluit is om nie verdere vredesgesprekke by te woon nie. Hy het met Sky News gepraat.
22 Apr 4AM 1 min

Walvisbaai sal beduidende rol in groenwaterstof speel

Die burgemeester van Walvisbaai, Johannes Shimbilinga, het die openingsrede by die Klimaatsbeleggingsfonds en die Strategiese Transformasie Beleggingsplan-sessie in die dorp gelewer. Dit is daarop gemik om prioriteitsbeleggings in te lig, streeksgereedheid te versterk en die land se bod te ondersteun om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in konsessie-klimaatfinansiering vir groenindustrialisering…
22 Apr 3AM 1 min

SAKP sê ANC hou hom in die duister

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle is deur die ANC in die duister gehou. Dit volg terwyl lede wat lidmaatskap van die ANC en SAKP het vanaf Donderdag tien dae gegun sal word om te besluit vir wie hulle in die komende plaaslikeregeringsverkiesing sal stemme werf. Die stap kom terwyl…
22 Apr 3AM 1 min

SA se plaasmoorde daal maar nie plaasaanvalle nie

AfriForum sê die vlak van geweld in plaasaanvalle bly kommerwekkend hoog, al het plaasmoorde effens gedaal. Volgens hul jongste verslag oor plattelandse misdaad het die organisasie verlede jaar 184 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde aangeteken, met byna vier uit tien voorvalle wat ernstige geweld insluit. Jacques Broodryk van AfriForum sê die…
22 Apr 3AM 1 min