Kapenaars moet water spaar, en dis DA se skuld: GOOD

Loading player...
Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad se onlangse waarskuwings oor lae damvlakke dien as 'n duidelike herinnering aan die stad se geskiedenis van finansiële wanbestuur en mislukte infrastruktuurprojekte onder DA-bewind. Roscoe Palm van GOOD sê terwyl inwoners weereens aangespoor word om water te bespaar, ontduik die stad steeds aanspreeklikheid vir sy swak beplanning en twyfelagtige finansiële besluite:
12 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Walvisbaai sal beduidende rol in groenwaterstof speel

Die burgemeester van Walvisbaai, Johannes Shimbilinga, het die openingsrede by die Klimaatsbeleggingsfonds en die Strategiese Transformasie Beleggingsplan-sessie in die dorp gelewer. Dit is daarop gemik om prioriteitsbeleggings in te lig, streeksgereedheid te versterk en die land se bod te ondersteun om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in konsessie-klimaatfinansiering vir groenindustrialisering…
22 Apr 3AM 1 min

SAKP sê ANC hou hom in die duister

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle is deur die ANC in die duister gehou. Dit volg terwyl lede wat lidmaatskap van die ANC en SAKP het vanaf Donderdag tien dae gegun sal word om te besluit vir wie hulle in die komende plaaslikeregeringsverkiesing sal stemme werf. Die stap kom terwyl…
22 Apr 3AM 1 min

SA se plaasmoorde daal maar nie plaasaanvalle nie

AfriForum sê die vlak van geweld in plaasaanvalle bly kommerwekkend hoog, al het plaasmoorde effens gedaal. Volgens hul jongste verslag oor plattelandse misdaad het die organisasie verlede jaar 184 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde aangeteken, met byna vier uit tien voorvalle wat ernstige geweld insluit. Jacques Broodryk van AfriForum sê die…
22 Apr 3AM 1 min

Iran weier samesprekings terwyl VSA se blokkade voortduur

Iran se gesant by die Verenigde Nasies, Amir-Saeid Iravani, sê die volgende ronde onderhandelings sal slegs plaasvind sodra die VSA sy versperring van Iranse hawens staak. Dit volg te midde van president Donald Trump se verlenging van die skietstilstand totdat Iran 'n voorstel ter tafel lê vir die beëindiging van…
22 Apr 3AM 1 min

Talle groenwaterstofprojekte kwalifiseer vir DBN-fondse

Die Afrika Ontwikkelingsbank se Volhoubare Energiefonds vir Afrika, Sefa, het op 10 April vanjaar 'n beroep vir voorstelle onder sy nuwe Groenwaterstofprogram gedoen, wat teen 11 Mei ingehandig moet wees. Daar is 20 miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar vir voorbeleggingsfinansiering vir drie tot vyf uitgesoekte projekte. Die interim hoof van die…
22 Apr 2AM 1 min