Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot Noorde

Loading player...
Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park nie. Rey Thakhuli is die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking vir die Krugerwildtuin.
15 Jan Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
14 Sep 8 min

El Niño en malaria: Kenner vertel

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.
14 Sep 12 min

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
11 Sep 6 min