Voorspelde groei sal niks aan werkloosheid doen nie

Loading player...
Namibië se ekonomie kan vanjaar momentum kry, met groei wat na verwagting 3,5 persent sal wees, teenoor verlede jaar se beraamde 3,1 persent, volgens die Wêreldbank. Dit plaas die land voor bure soos Angola, Botswana en Suid-Afrika. Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê egter dat dié syfer steeds te laag is om Namibië se werkloosheidskrisis te takel of die land op die pad na betekenisvolle industrialisering te plaas.
19 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa moet planne oor werkloosheid bekend maak, sê Cosatu

Cosatu vra dat president Cyril Ramaphosa die regering se planne aankondig oor hoe die hoë werkloosheidsyfer van 42,4 persent en trae ekonomiese groei van een persent aangespreek gaan word tydens sy staatsrede eerskomendeDonderdag. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê Ramaphosa moet ook planne aankondig om diepgewortelde vlakke van armoede, insluitend ongelykheid en…
8 Feb 12AM 1 min

Nujoma, Geingob was reuse, sê NNN in huldeblyk

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ontslape stigterspresident Sam Nujoma en wyle stigterspremier Hage Geingob vandag tydens ‘n herinneringseremonie by Helde-akker buite Windhoek as “reuse” in ontwikkeling van ‘n onafhanklike Namibië beskryf. Nujoma, wat drie termyne as president gedien het, is verlede Februarie oorlede. Geingob, wat in 2015 as die land se…
7 Feb 5AM 1 min

Brande woed steeds in Kaapse Wynland

In die buurland is die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se Brandweerdiens, saam met sy vennoot CapeNature, steeds besig om 'n veldbrand by Du Toitskloofpas te bestry. Die woordvoerder Anesca Roodt sê die brand het Vrydagmiddag aan die Worcester-kant van die pas uitgebreek en oor 'n uitgebreide gebied in moeilike terrein gewoed. Sy sê teen Vrydagaand het die brand oorgewaai na die Paarl-kant van die pas: 
7 Feb 5AM 1 min

Brande woed steeds in Kaapse Wynland

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens is saam met sy vennoot, CapeNature, steeds besig om 'n veldbrand by Du Toitskloofpas te bestry. Die woordvoerder Anesca Roodt sê die brand het Vrydagmiddag aan die Worcester-kant van die pas uitgebreek en oor 'n uitgebreide gebied in moeilike terrein gewoed. Sy sê teen Vrydagaand…
7 Feb 5AM 1 min

Cosatu braak gal oor water in Gauteng

Cosatu in Gauteng het ernstige kommer uitgespreek oor die voortdurende wateronderbrekings in verskillende munisipaliteite regoor die provinsie, waar sommige inwoners byna drie weke sonder lopende water is. Cosatu-voorsitter Amos Monyela sê die voortdurende versuim om water te voorsien, beïnvloed die daaglikse lewe in die gemeenskap ernstig. Dit hou ook ernstige…
7 Feb 3AM 1 min