Nederlanders kuier by Meatco

Loading player...
Meatco versterk sy greep op die Europese mark na 'n onlangse besoek deur Europa se grootste vleisprodusent, die Nederlandse Jan Zandbergen-groep. Met Europa wat steeds 46 persent van Namibië se beesvleisuitvoere uitmaak, sê Meatco dat sterk vennootskappe met groot internasionale kliënte die sleutel is om beter pryse te verseker, volumes uit te brei en kritieke marktoegang vir Namibiese boere te beskerm. Meatco se interim-uitvoerende hoof, Albertus !Aochamub, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
20 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lughawensmaatskappy juig oor nuwe vlugte

Die lugvaartsektor het hierdie week goeie nuus gekry. Discover Airlines gaan sy München-Windhoek diens uitbrei, en die Duitse lugredery Condor keer terug na Namibië vir die eerste keer sedert 2014. Saam met Edelweiss se nuwe Zürich-Windhoek roete, is dit opwindende tye vir die land se toerisme en ekonomie. Kosmos 94.1…
25 Jun 9AM 1 min

Israel vra ondersoek na 'anti-semitisme, vooroordele in VN'

Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, het 'n ondersoek gevra na wat hy vooroordeel teen Israel noem. 'n Kommissie het bevind Israelse owerhede en veiligheidsmagte het doelbewus Palestynse kinders in die Gazastrook en die Wesoewer geteiken, wat gelei het tot volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade…
25 Jun 9AM 1 min

Reële BBP krimp, nominale BBP styg in eerste kwartaal

Namibië se nominale BBP het in die eerste kwartaal gegroei en gestyg tot 70,9 miljard Namibiese dollar, 'n styging van 4,7 miljard dollar teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Maar reële BBP het gekrimp met 'n 2 persent groei, vergeleke met 2,8 persent in die eerste kwartaal van 2025. Woordvoerder van…
25 Jun 8AM 1 min

Polisie moet skole help oppas in vakansie: DA

Die DA in die Wes-Kaap sê sigbare wetstoepassing en pro-aktiewe ingryping by skole is nodig omdat dit toenemend die teikens word van opsetlike beskadiging en diefstal. Die provinsiale Onderwysdepartement het tydens verlede jaar se wintervakansie sekerheids-maatreëls by 424 skole ondersteun. Dis vanjaar uitgebrei na 453 hoërisiko-skole. Peter Johnson van die…
25 Jun 8AM 1 min