Trump se tariewe-dreigement kan verhouding versuur

Loading player...
Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê president Donald Trump van Amerika se dreigement om tariewe teen Europese lande in te stel oor hul standpunt oor Groenland, is ʼn fout. Trump het die naweek gesê hy gaan van Februarie af tariewe van tien-persent instel op goedere van agt Navo-bondgenote indien hulle sy voorgestelde oorname van Groenland teenstaan. Hy dreig om dit teen Junie tot 25-persent te verhoog. Von der Leyen sê Trump se dreigement kan Europa en Amerika se verhouding versuur:
21 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hill-Lewis vra kalmte rakende immigrasie

Die DA-leier Geordin Hill-Lewis vra kalmte te midde van toenemende spanning oor onwettige immigrasie. Hy sê die publiek se frustrasie moenie verander in haat, gepeupelreg of geweld nie. Dit kom in aanloop tot volgende week se beplande massabetoging teen onwettige immigrasie. Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners moenie toelaat dat sekere politici of…
25 Jun 6AM 1 min

Iran: Tucker Carlson sê Bibi het Trump om die bos gelei

Die regse kommentator en ou-bondegenoot van president Donald Trump, Tucker Carlson het 'n uitgebreide onderhoud met Sky News se Yalda Hakim gehad. Carlson meen die Iran-oorlog is die begin van die einde van Trump se presidensie. Hy sê Trump is om die bos gelei deur Israel en spesifiek premier Benjamin…
25 Jun 6AM 1 min

Reën op pad

'n Afsny laagtepunt en intense weerstelsel wat vanaf die Atlantiese Oseaan na die suidweste van Namibië inbeweeg, sal wydverspreide reën en moontlik oorstromings tussen Vrydag en Saterdag veroorsaak. Meteoroloog Vilho Ndeunyema sê die storm sal aansienlike neerslae na die suidkus, suidwestelike sentrale gebiede en suidoostelike gebied bring.
25 Jun 6AM 1 min