Cosatu steun afdwinging van pensioenfondsbydraes-betaling

Loading player...
Die vakverbond Cosatu verwelkom die regering se aksie om arbeidsinspekteurs in staat te stel om die betaling van werknemers se pensioenfondsbydraes af te dwing. Arbeidsinspekteurs kan nou seker maak pensioenfondsbydraes wat van werkers se salarisse afgetrek word, asook werkgewers se bydraes, word binne sewe dae aan die betrokke fondse oorbetaal. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die aantal werkgewers wat versuim om hierdie bydraes oor te betaal, het die afgelope drie jaar meer as verdubbel.
21 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hill-Lewis vra kalmte rakende immigrasie

Die DA-leier Geordin Hill-Lewis vra kalmte te midde van toenemende spanning oor onwettige immigrasie. Hy sê die publiek se frustrasie moenie verander in haat, gepeupelreg of geweld nie. Dit kom in aanloop tot volgende week se beplande massabetoging teen onwettige immigrasie. Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners moenie toelaat dat sekere politici of…
25 Jun 6AM 1 min

Iran: Tucker Carlson sê Bibi het Trump om die bos gelei

Die regse kommentator en ou-bondegenoot van president Donald Trump, Tucker Carlson het 'n uitgebreide onderhoud met Sky News se Yalda Hakim gehad. Carlson meen die Iran-oorlog is die begin van die einde van Trump se presidensie. Hy sê Trump is om die bos gelei deur Israel en spesifiek premier Benjamin…
25 Jun 6AM 1 min

Reën op pad

'n Afsny laagtepunt en intense weerstelsel wat vanaf die Atlantiese Oseaan na die suidweste van Namibië inbeweeg, sal wydverspreide reën en moontlik oorstromings tussen Vrydag en Saterdag veroorsaak. Meteoroloog Vilho Ndeunyema sê die storm sal aansienlike neerslae na die suidkus, suidwestelike sentrale gebiede en suidoostelike gebied bring.
25 Jun 6AM 1 min

Onmoontlik om rooilyn te verwyder - landbou

Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, sê dat onder die uitdagings vir die geleidelike verwydering van die rooilyn die onbeheerde vee-oorgrensbeweging met Angola 'n probleem is. Angola kan nie sy bek-en-klouseer hanteer nie. Hy het 'n voorlegging by die parlementêre staande komitee oor stedelike en landelike ontwikkeling en…
25 Jun 6AM 1 min