VN-hoof boos oor Israel wat UNRWA-gebou sloop

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres het die sloping van die UNRWA-hoofkwartier in Oos-Jerusalem in Israel veroordeel. Die sloping volg op 'n wet wat die bedrywighede van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge verbied. Israel het langdurige probleme met UNRWA, beskuldig die instelling dat hy Hamas help en eis dat dit ontbind word. Woordvoerder Farhan Haq sê VN-kantore is onskendbaar en moet immuun bly teen enige vorm van inmenging:
21 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hill-Lewis vra kalmte rakende immigrasie

Die DA-leier Geordin Hill-Lewis vra kalmte te midde van toenemende spanning oor onwettige immigrasie. Hy sê die publiek se frustrasie moenie verander in haat, gepeupelreg of geweld nie. Dit kom in aanloop tot volgende week se beplande massabetoging teen onwettige immigrasie. Hill-Lewis sê Suid-Afrikaners moenie toelaat dat sekere politici of…
25 Jun 6AM 1 min

Iran: Tucker Carlson sê Bibi het Trump om die bos gelei

Die regse kommentator en ou-bondegenoot van president Donald Trump, Tucker Carlson het 'n uitgebreide onderhoud met Sky News se Yalda Hakim gehad. Carlson meen die Iran-oorlog is die begin van die einde van Trump se presidensie. Hy sê Trump is om die bos gelei deur Israel en spesifiek premier Benjamin…
25 Jun 6AM 1 min

Reën op pad

'n Afsny laagtepunt en intense weerstelsel wat vanaf die Atlantiese Oseaan na die suidweste van Namibië inbeweeg, sal wydverspreide reën en moontlik oorstromings tussen Vrydag en Saterdag veroorsaak. Meteoroloog Vilho Ndeunyema sê die storm sal aansienlike neerslae na die suidkus, suidwestelike sentrale gebiede en suidoostelike gebied bring.
25 Jun 6AM 1 min

Onmoontlik om rooilyn te verwyder - landbou

Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, sê dat onder die uitdagings vir die geleidelike verwydering van die rooilyn die onbeheerde vee-oorgrensbeweging met Angola 'n probleem is. Angola kan nie sy bek-en-klouseer hanteer nie. Hy het 'n voorlegging by die parlementêre staande komitee oor stedelike en landelike ontwikkeling en…
25 Jun 6AM 1 min