Nieu-Seelandse owerhede skarrel na grondverskuiwing by kampterrein

Loading player...
Talle mense waaronder minstens een kind word vermis ná ʼn grondstorting op ʼn kampterrein by die gewilde Mount Maunganui aan die ooskus van Nieu-Seeland. In groot dele van die Noord-eiland het swaar reën chaos veroorsaak en in sommige gebiede het ʼn maand se reën binne 12 ure geval. Nieu-Seeland se Brand-en-nooddiens se bevelvoerder, William Pike, sê reddingswerkers en snuffelhonde soek deur die puin na oorlewendes:
22 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SOE se vermoë en magte moet uitgebrei word

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die Spesiale Ondersoekeenheid moet genoeg vermoë hê om die stryd teen korrupsie, wanadministrasie en onwettige verryking in die staatsektor te beveg. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naicker, sê die ondersoekeenheid se werk het sistemiese korrupsie onthul wat dikwels ingewikkelde netwerke, senior amptenare en mense met politieke bande…
21 Apr 4AM 1 min

Amnestie veroordeel 'predatore' op wêreldverhoog

Amnestie Internasionaal het sy 2025/26 jaarverslag bekend gestel. Die sekretaris-generaal, Agnès Callamard, gebruik die woord ‘predatore’ om Donald Trump, Benjamin Netanyahu en Vladimir Putin te beskryf. Hulle word omdat hulle die multilaterale stelsel wat na die Tweede Wêreldoorlog gestig is, verwerp. Amnestie voer aan dat hul optrede 'n "visie sonder…
21 Apr 4AM 1 min

Fitosanitêre stelsels moet by ontwikkelingsagenda ingesluit word

Sanitêre- en fitosanitêre stelsels, of SPS’e, staan sentraal in Namibië se handelsmededingendheid en ekonomiese veerkragtigheid, sê die voorsitter van die Nasionale Sanitêre en Fitosanitêre Komitee, Mesag Mulunga. Mulunga het tydens ‘n slypskool vir die tegniese komitees van dié liggaam gesê marktoegang, uitvoerdiversifisering en waardeketting-ontwikkeling is afhanklik van ’n geloofwaardige en…
21 Apr 4AM 1 min

Vertraging in toediening van BKS-spuite in Gauteng wek kommer

Die DA sê die stadige uitrol van bek-en-klouseer-entstowwe in Gauteng plaas vee in gevaar en skep onsekerheid vir boere. Volgens die party is slegs 133 000 van die meer as 284 000 beplande dosisse toegedien, terwyl rekenskap van 150 000 dosisse nog nie gelewer is nie, en meer as 240…
21 Apr 4AM 1 min