MTC erken innovasie, uitnemendheid met nuwe toekennings

Loading player...
MTC se Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het 'n nuwe toekenningsprogram van stapel gestuur wat daarop gemik is om uitnemendheid en innovering op die gebied van handelsmerk-, bemarkings-, kommunikasie- en advertensievelde te erken. Die toekennings sal oorhandig word tydens die Indaba Gala-dinee, wat in April sal plaasvind. MTC-woordvoerder John Ekongo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat enige maatskappy of agentskap inskrywings in die 18 kategorieë tussen 1 Februarie en 28 Februarie kan inskryf.
22 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië verdiep samewerking met China

Namibië wil handel-, beleggings- en mens-tot-mens-bande met China verdiep in 'n tyd wanneer nuwe geleenthede vir Afrikalande ontstaan. In 'n onderhoud met China Africa Talk bespreek Namibië se handelminister, Selma Ashipala-Musavyi, samewerking op gebiede wat uitvoere en industriële ontwikkeling insluit. Sy het ook Chinese besighede aangemoedig om in Namibië te…
21 Apr 2AM 1 min

Starmer sê sy oordeel oor Mandelson was verkeerd

Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, sê hy sou Peter Mandelson nooit as Britse ambassadeur in Amerika aangestel het as hy geweet het sy keuring-vereistes was onsuksesvol nie. Die 72-jarige Mandelson het volgens berigte mark-sensitiewe regeringsinligting aan die veroordeelde pedofiel, wyle Jeffrey Epstein oorgedra terwyl hy van 2008…
21 Apr 2AM 1 min

BKS: Oproepe vir privaatsketor betrokkenheid in SA

Foot and Mouth Disease Response South Africa vra dringende betrokkenheid deur die privaatsektor om te help met die verkryging en verspreiding van die 14-miljoen entstofdosisse wat nodig is om die bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp. Die woordvoerder van die groep, Andrew Morphew, waarsku die regering se plan om 80-persent van die beeskudde…
21 Apr 1AM 1 min

Cirrus se beleggingskonferensie sluit af

Die sewende Cirrus-beleggingskonferensie is onlangs op Swakopmund gehou. Die tema was dat die Namibiese ekonomie die potensiaal het om goed te groei, wat verwesenlik kan word deur die regte mengsel van beleid en aksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Romé Mostert, mede-stigter van Cirrus gepraat, wat meer inligting gee.
21 Apr 1AM 1 min

Rugby vakansie-oefenkamp by WAP in Mei

Die Supreme Sports-akademie sal van 11 tot 16 Mei 'n rugby vakansie-oefenkamp aanbied by die WAP-sportsgronde. Kosmos 94.1 vorm deel van die vennootskap en nooi alle jong seuns uit om die kamp by te woon. Die kamp gaan elite-afrigting, vaardigheidsontwikkeling en wedstrydgereedheidsopleiding aanbied. Die nuusspan het met afrigter Bakkies Rossouw…
21 Apr 1AM 1 min