
Die wêreld is sy verhoog en pianis Christian-Peter Hiemstra (15) is reg vir sy Suid Afrikaanse toer
Loading player...
Op slegs 15 jaar, studeer hy voltyds aan die Hochschule fur Musik in Basel, Switserland en het Christian-Peter ‘n lang lys toekennings en prestasies agter sy naam. Hy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel oor sy lewe in Switserland, sy liefde vir die klavier en natuurlik om sy opwinding te deel oor sy toer na Suid Afrika. Hy is by die Odeion in Bloemfontein op die verhoog die 21se Februarie 2026.

