President Cyril Ramaphosa vra vir die hervorming van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank en dat hulle nie net Westerse belange moet verteenwoordig nie. Ramaphosa het die Globale Progressiewe Mobiliseringsitting in Barcelona, Spanje, toegespreek tydens ‘n werksbesoek aan die land. Hy sê die twee instellings moet die skuldlas aanspreek…
Die Wes-Kaapse regering vra belanghebbendes om kommentaar te lewer op die Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en Besetting van Grond. Dit het ten doel om munisipaliteite, staatsinstellings en privaat eienaars te bemagtig om meer beslissend te reageer op onwettige besettings en uitsettings. Die LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers,…
Die landbou-organisasie TLU SA het minister van landbou, John Steenhuisen, se besluit verwelkom om 27 eksterne tegniese raadgewers aan te stel. Hulle sal help om tegniese data te na te gaan om te verseker dat alle produkte voldoen aan veiligheids- en gehaltestandaarde soos vereis deur die registrateur van die Wet…
April is die maand om dieremishandeling te beveg – ’n tyd om te besin oor hoe diere behandel word en wat dit oor die samelewing openbaar. Die syfers van die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek is skokkend: Van die meer as 4 000 diere wat elke jaar ingeneem word, is 90 persent…
Die Nasionale Verbruikerskommissie het die wysiging van 'n regulasie in die Wet op Verbruikersbeskerming verwelkom om strooipos-oproepe te beperk. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het dit in die Staatskoerant gepubliseer. Woordvoerder Phetho Ntaba sê die gewysigde regulasies vestig 'n uitsluitings-registerstelsel en bied meganismes vir verbruikers om…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.