Toegangspunt-personeel kry kliëntediens-opleiding

Loading player...
Namibië verskerp pogings om besoekers se eerste indrukke te verbeter, met die Namibiese Toerismeraad en die binnelandse sake-ministerie wat 'n tweedaagse kliëntediens-opleidingsprogram vir immigrasie-, polisie- en doeanebeamptes aanbied. Die Toerismeraad se woordvoerder, Flora Quest, sê die inisiatief is daarop gemik om dienslewering by die land se toegangspunte te versterk en die groei van die toerismesektor te ondersteun.
23 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Waar is Rehoboth-dorpsraad se forensiese oudit, Sankwasa?

Die parlement soek antwoorde oor 'n beloofde forensiese oudit van die Rehoboth-dorpsraad, te midde van kommer oor beweerde finansiële wanbestuur en 145 miljoen Namibiese dollar wat aan NamWater en 140 miljoen dollar wat aan NamPower verskuldig is. PDM-LP Inna Hengari het vanmiddag in die Nasionale Vergadering lynminister James Sankwasa gevra…
23 Jun 10AM 1 min

Weste sal moet sak skud oor slawehandel: ontleder

Reaksie word ontvang sedert president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ondertekening van 'n 19-punt-raamwerk vir formele verskonings, finansiële vergoeding en skuldverligting vanaf lande wat voordeel getrek het uit die trans-Atlantiese slawehandel. Die raamwerk wat in Accra, Ghana onderteken is, vra vir die stigting van 'n Global Reparations Fund, omvattende kansellasie van skuld…
23 Jun 10AM 1 min

Vierpunt-verbeteringsplan vir Kaapstad-hawe

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het 'n vierpunt-noodreaksieplan uiteengesit om doeltreffendheid op die Kaapstadse hawe te verbeter. Dit is aangewys as die swakste onder 400 wêreldhawens op die Wêreldbank se houerhawe-prestasie-aanwyser vir 2025. Die plan sluit maatreëls in om opeenhoping te bestuur en bedryfs-ontwrigtings…
23 Jun 9AM 1 min

Ry versigtig in Suide, sommige paaie het verspoel

Die Paaie-owerheid doen 'n beroep op motoriste in die ||Kharas-streek om versigtig te wees na swaar reënval en oorstromings paaie verwoes het. Die pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah is vir verkeer gesluit weens vloedskade, en motoriste word aangeraai om die Swartkops-grensroete deur Suid-Afrika as 'n alternatief te gebruik. Die…
23 Jun 8AM 1 min

SA Weermag op bystand geplaas vir migrante-spertyd

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê sy is tevrede dat die nodige koördineringsmeganismes in die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekuriteitsgroep in plek is om vinnig en doeltreffend te reageer op enige gebeurlikheid tydens die teen-immigrasie-betogings volgende week. Teen-immigrantegroepe het 30 Junie as die sperdatum gestel vir ongedokumenteerde…
23 Jun 8AM 1 min