Steenhuisen sê hy's nie uitgeskop nie

Loading player...
Die uittredende leier van die DA, John Steenhuisen, ontken berigte dat hy uit die leierskapstryd gedwing is. Hy het verlede week aangekondig dat hy nie in April vir 'n derde termyn gaan staan nie. Die Helen Zille-faksie het hom glo oorreed om te onttrek weens kritiek oor sy hantering van die bek-en-klouseer-uitbreking as minister van Landbou. Steenhuisen het aan die SABC gesê hy het bereik wat hy wou:
12 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa: 'Hervorm IMF, Wêreldbank'

President Cyril Ramaphosa vra vir die hervorming van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank en dat hulle nie net Westerse belange moet verteenwoordig nie. Ramaphosa het die Globale Progressiewe Mobiliseringsitting in Barcelona, ​​Spanje, toegespreek tydens ‘n werksbesoek aan die land. Hy sê die twee instellings moet die skuldlas aanspreek…
19 Apr 1AM 1 min

Onwettige uitsettings onder loep in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse regering vra belanghebbendes om kommentaar te lewer op die Wysigingswetsontwerp op die Voorkoming van Onwettige Uitsettings en Besetting van Grond. Dit het ten doel om munisipaliteite, staatsinstellings en privaat eienaars te bemagtig om meer beslissend te reageer op onwettige besettings en uitsettings. Die LUR vir infrastruktuur, Tertuis Simmers,…
19 Apr 12AM 1 min

Landbou se tegniese ghoeroes lankal nodig

Die landbou-organisasie TLU SA het minister van landbou, John Steenhuisen, se besluit verwelkom om 27 eksterne tegniese raadgewers aan te stel. Hulle sal help om tegniese data te na te gaan om te verseker dat alle produkte voldoen aan veiligheids- en gehaltestandaarde soos vereis deur die registrateur van die Wet…
18 Apr 7AM 1 min

Dieremishandeling: Sit jou voet neer!

April is die maand om dieremishandeling te beveg – ’n tyd om te besin oor hoe diere behandel word en wat dit oor die samelewing openbaar. Die syfers van die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek is skokkend: Van die meer as 4 000 diere wat elke jaar ingeneem word, is 90 persent…
18 Apr 6AM 1 min

Strooipos-oproepe se dae in SA getel

Die Nasionale Verbruikerskommissie het die wysiging van 'n regulasie in die Wet op Verbruikersbeskerming verwelkom om strooipos-oproepe te beperk. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het dit in die Staatskoerant gepubliseer. Woordvoerder Phetho Ntaba sê die gewysigde regulasies vestig 'n uitsluitings-registerstelsel en bied meganismes vir verbruikers om…
18 Apr 4AM 1 min