Goeie weiveld, houtskoolproduksie en die brandseisoen

Loading player...
Verlede jaar is 1 300 veldbrande deur die omgewingministerie aangeteken, wat na raming 1,2 miljoen hektaar veld verwoes het. Die meeste veldbrande het in die Omusati, Oshikoto en Oshana-streke voorgekom. Die adjunkdirekteur van bosbestuur, Amon Andreas, sê sterker reaksiemaatreëls is nodig en die ministerie is met ‘n opname in dié verband besig. Kommer is ook uitgespreek oor veldbrande wat deur houtskool-bedrywighede ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekoloog dr. Peter Cunningham gepraat.
23 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PSG verslaan Aston Villa en behou Uefa-beker

Die kampioene van Europa, Paris Saint-Germain, het Aston Villa met 2-1 verslaan en daarmee opeenvolgende Europese Sokkerbeheerliggaam-superbekers in Salzburg, Oostenryk gewen. Khvicha Kvaratskhelia het die eerste doel vir PSG in die twintigste minuut aangeteken. Villa het positief reageer met hul 17-jarige debutant Brian Madjo wat die gelykmaker net voor rustyd…
13 Aug 12AM 1 min

Ampsklagkomitee gaan voort met sy werk na hofbeslissing

Die parlementêre Ampsklagkomitee sê hy neem kennis van die Konstitusionele Hof se beslissing wat die regstreekse aansoek vir verlof tot appèl teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak oor president Cyril Ramaphosa se interdik, van die hand wys. Die African Transformation Movement het verlede maand gepoog om die hof-uitspraak tersyde te…
13 Aug 12AM 1 min

Agra bied Namibia Genetics-veiling aan

Agra Auctions se Namibia Genetics-veiling vind Dinsdag, 18 Augustus om sesuur namiddag by die Agra/Bank Windhoek Ring in Windhoek plaas. Op aanbod is 45 bulle en 30 diere uit agt top-rasse. Die veiling is ook aanlyn via SwiftVee Namibia. Algemene bestuurder van Veilings by Agra Paul Klein het meer:
13 Aug 12AM 1 min

Kunene-mynbou bedreig gemeenskappe

Tjimutambo Kuuoko, raadslid vir die Epupa-kiesafdeling, lui alarm oor die uitbreiding van mynbouaktiwiteite in die Kunene-streek en wat plaaslike inwoners van hul voorvaderlike tuistes verdryf. In sy getuienis voor die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne het Kuuoko beweer dat grootskaalse boorwerk al hoe nader aan huise beweeg en plaaslike…
13 Aug 12AM 1 min