VERSKILMAKERS: The Butterfly Foundation

Loading player...
The Butterfly Foundation het ontstaan uit ’n eenvoudige maar kragtige begeerte: om terug te gee aan die gemeenskap en God se liefde tasbaar uit te leef. Wat begin het as ’n groep vriende met ’n hart vir diensbaarheid, het gegroei tot ’n geloofsgedrewe organisasie wat mense, vaardighede en hulpbronne mobiliseer vir volhoubare projekte wat gemeenskappe transformeer. Gedryf deur Romeine 12:2, fokus The Butterfly Foundation op innerlike vernuwing wat lei tot uiterlike impak... ’n wandel van geloof wat sigbaar word in daadwerklike liefde.
12 Feb 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Pretoria Instituut vir Argitektuur: Voices & Visions kompetisie

Donette Werkman is die president van die Pretoria Instituut vir Argitektuur en een van die dryfkragte agter Voices & Visions — ’n nuwe argitektuurtoekenningsplatform wat argitektuur uit die handboeke haal en teruggee aan die mense wat dit daagliks beleef. Hierdie inisiatief nooi die publiek om saam te praat oor watter…
24 Feb 5AM 8 min

Dok, is dit normaal dat my tandvleis bloei?

Dr Simoné du Toit by MenlynMed se tandarts-afdeling beantwoord Nicolene se vraag oor of dit normaal is dat haar tandvleis gereeld bloei wanneer sy tande borsel.
24 Feb 5AM 2 min

Snoete-goete: Troeteldieropleiding

Baie troeteldiereienaars is lief vir hul honde, maar weet nie altyd hoe om ongewenste gedrag reg te hanteer nie — van trek aan die leiband tot oormatige blaf en skeidingsangs. Goeie opleiding gaan nie net oor gehoorsaamheid nie, maar oor beter kommunikasie tussen mens en dier. Vandag gesels ons met…
20 Feb 5AM 9 min

VERSKILMAKERS: DogtownSA

In die Hennopsberge is daar ’n besondere plek waar elke dag met HOOP begin – Dogtown SA. Dis hier waar honde wat alles verloor het, weer leer om te vertrou, lief te hê en te leef. Vandag gesels ons met Elanza Kloppers, een van die mense wat daagliks ’n tasbare…
19 Feb 5AM 10 min