NNN op pad na belangrike Afrika-unie vergadering

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vertrek na Addis Abeba in Ethiopië om die 39ste gewone sitting van die Afrika-unie se vergadering van staatshoofde en regeringshoofde by te woon, wat vir 14 en 15 Februarie geskeduleer is. Leiers sal beraadslaag oor belangrike kontinentale kwessies, insluitend vrede en veiligheid, die uitkomste van die 2025 G20-beraad, vordering met Agenda 2063, institusionele hervormings binne die Afrika-unie, en die hervorming van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad. Kosmos 94.1 Nuus het met presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo gepraat.
12 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Plaaslike konsultant teken internasionale kontrak vir ontwikkeling

Die plaaslike konsultasiefirma, R&J Steytler Consultants, en die Britse firma The Strategic Economy, het 'n ooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om belegging, ekonomiese ontwikkeling en oorgrens-samewerking te bevorder. Oliver Scheidt, stigter van The Strategic Economy, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat samewerkingsareas infrastruktuur, energie, handel en ontwikkelingsfinansiering insluit.
23 Jun 6AM 1 min

Jong kiesers maak 80% van nuwe registrasies uit

Die Verkiesingskommissie sê hy is bemoedig deur die sterk deelname van jongmense die naweek tydens kiesersregistrasie. Die kommissie sê jeugdiges tussen 16 en 29 het 'n beduidende deel van nuwe registrasies en algehele aktiwiteit uitgemaak in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die uitvoerende hoof van die kommissie,…
23 Jun 6AM 1 min

Goeie weiveld, houtskoolproduksie en die brandseisoen

Verlede jaar is 1 300 veldbrande deur die omgewingministerie aangeteken, wat na raming 1,2 miljoen hektaar veld verwoes het. Die meeste veldbrande het in die Omusati, Oshikoto en Oshana-streke voorgekom. Die adjunkdirekteur van bosbestuur, Amon Andreas, sê sterker reaksiemaatreëls is nodig en die ministerie is met ‘n opname in dié…
23 Jun 6AM 1 min

Daling in brandstofprys vir Julie verwag

Volgende week hierdie tyd behoort motoriste 'n duideliker aanduiding te hê van hoe brandstofpryse in Julie sal lyk. Met wêreldwye oliepryse wat aansienlik gedaal het en die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar wat beter vertoon, groei die verwagting dat verligting by die pompe op pad kan wees. Simonis Storm se…
23 Jun 6AM 1 min