Maak jou litte los vir kitties

Loading player...
Dancing for Purrs keer terug vir sy tweede uitgawe op 10 April, en bring 'n reeks dansskole en -style bymekaar vir 'n liefdadigheidsgeleentheid gewy aan dierewelsyn. Die geleentheid sal noodsaaklike fondse vir dierewelsynsorganisasies insamel. Kosmos 94.1 Nuus het met Ronja Lyhs van die Triglav Trust gepraat wat sê die geleentheid kombineer opvoering, gemeenskap en 'n gedeelde verbintenis tot die verbetering van die lewens van kwesbare diere. Sy het meer.
18 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie redes vir Starmer se mislukking

Andy Burnham is Maandag ingesweer as die parlementslid vir Makerfield net ure nadat Britse eerste minister Sir Keir Starmer sy bedanking as leier van die Arbeidersparty aangekondig het. Burnham het bevestig hy sal staan om die eerste minister te vervang, met die steun van 'n potensiële teenstander, voormalige gesondheidminister Wes…
22 Jun 11PM 1 min

Cran verwerp Starlink se lisensie-heroorweging versoek

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het amptelik Starlink Internet Services Namibia se versoek om heroorweging van sy lisensie-aansoek om in die land besigheid te doen, verwerp. Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, het vanmiddag gesê dat die versoek ingedien is nadat die wettige sperdatum verstryk het. Starlink het sy aansoek…
22 Jun 11AM 1 min

GOOD wil kandidate beveilig sien na sluipmoord

Die GOOD-party sê ʼn sluipmoord in Kaapstad wat met kieserregistrasie verbind word, is ʼn aanval op die stem-proses en elke inwoner se reg om vry en sonder vrees deel te neem. ʼn DA-wykskandidaat in die tussenverkiesing in Dunoon, Sinovuyo Dyokwe, is Saterdag vermoor. Jonathan Cupido van GOOD sê die Verkiesingskommissie,…
22 Jun 11AM 1 min

Jaarlikse hoenderskou bied iets vir almal

Die Namibiese Pluimveeklub nooi die publiek uit om hul jaarlikse Hoenderskou by die Windhoek Skougronde van 23 tot 28 Junie by te woon. Besoekers kan verwag om ongeveer 800 voëls van 'n wye verskeidenheid spesies en subspesies te sien, tesame met eiervertonings. Organiseerder Mariska Parreira vertel aan Kosmos 94.1 Nuus…
22 Jun 11AM 1 min