
Jaarlikse hoenderskou bied iets vir almal
Loading player...
Die Namibiese Pluimveeklub nooi die publiek uit om hul jaarlikse Hoenderskou by die Windhoek Skougronde van 23 tot 28 Junie by te woon. Besoekers kan verwag om ongeveer 800 voëls van 'n wye verskeidenheid spesies en subspesies te sien, tesame met eiervertonings. Organiseerder Mariska Parreira vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die geleentheid oop is vir almal en 'n unieke ervaring belowe.

