Enoch sal nie belasting in begroting opstoot nie - ekonoom

Loading player...
Die ekonoom van die Stellenbosch Sakeskool, André Roux, sê daar word verwag dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vanjaar se begroting bestendig sal hou, met geen groot belastingveranderinge voor die plaaslike verkiesing nie. BTW en persoonlike inkomstebelastingkoerse sal na verwagting onveranderd bly, hoewel sondebelasting kan styg en die verskuiwing van belastingkerwe die belastinglas indirek kan verhoog. Roux sê maatskaplike hulptoelaes sal waarskynlik voortduur, maar besteding aan infrastruktuur en universele inkomsteplanne sal beperk bly:
19 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bemagtigingswette is nie rassisties nie - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê hy sien bemagtigingswette as deel van die regstelling van die wanbalanse van die verlede, nie as rassistiese wetgewing nie. Hy het gereageer op miljardêr Elon Musk se bewering dat sy satelliet-internetdiens, Starlink, 'n lisensie in Suid-Afrika geweier is omdat hy nie swart is nie. Breedgebaseerde Swart…
16 Apr 4AM 1 min

Onderdrukking van vryheid van spraak neem toe in Golf-lande

Die Verenigde Nasies se verteenwoordiger vir Amnestie Internasionaal, Sherine Tadros sê hulle vind 'n groot onderdrukking van vryheid van spraak regoor die Golf sedert die Iran-oorlog begin het. Dit kom na die hoë-profiel Koeweit-Amerikaanse joernalis Ahmed Shihab-Eldin, byna ses weke gelede in Koeweit gearresteer is en sonder formele klagtes aangehou…
16 Apr 4AM 1 min

Gaping tussen klaskamerleer en arbeidsmark

Met die gradueringseisoen in volle swang, bly die ontnugterende vraag oor wat ná die vieringe kom. Die Asoli Progressive Party waarsku teen 'n groeiende krisis, aangesien duisende gegradueerdes die universiteit verlaat net om werkloosheid in die gesig te staar. Kosmos 94.1 Nuus het met partyleier Josef Kauandenge gepraat wat sê…
16 Apr 3AM 1 min

Gauteng-owerhede bied nie oplossings vir geweldsmisdaad nie

Die DA sê inwoners van Gauteng leef in vrees met geweldsmisdaad wat steeds in die provinsie toeneem. Volgens die party weerspieël onlangse skietvoorvalle en ander gewelddadige voorvalle in verskeie gebiede, insluitend Johannesburg, Westbury, Soweto en Boksburg, 'n ineenstorting van wet en orde. Michael Sun van die DA sê gemeenskappe word…
16 Apr 3AM 1 min

Cran brei toegang tot netwerk uit

Cran het 'n belegging van 42,1 miljoen Namibiese dollar onder Fase 2 van die Universele Diensfonds aangekondig om digitale toegang in landelike gemeenskappe uit te brei. Die projek sal nege nuwe netwerktorings in die Karas, Kavango-Wes, Kunene, Ohangwena en Oshikoto-streke oprig. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê tot dusver is 39 persent…
16 Apr 3AM 1 min