VK parlement kan Andrew se Epstein-bande debatteer: Starmer

Loading player...
Die Britse premier, Keir Starmer, sê hy sal nie beswaar maak as parlementslede debat wil voer oor Andrew Mountbatten-Windsor se bande met die oorlede Amerikaanse kinderseksoortreder Jeffrey Epstein nie. Die gewese prins word omvattend genoem in die jongste gros Epstein-lêers. Die polisie ondersoek al die bewerings teen hom en hy is vandag in hegtenis geneem op verdenking van wangedrag in 'n openbare amp. Starmer het teenoor BBC herhaal Mountbatten-Windsor moet voor die Amerikaanse Kongres getuig:
19 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran verwerp Starlink se lisensie-heroorweging versoek

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het amptelik Starlink Internet Services Namibia se versoek om heroorweging van sy lisensie-aansoek om in die land besigheid te doen, verwerp. Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, het vanmiddag gesê dat die versoek ingedien is nadat die wettige sperdatum verstryk het. Starlink het sy aansoek…
22 Jun 11AM 1 min

GOOD wil kandidate beveilig sien na sluipmoord

Die GOOD-party sê ʼn sluipmoord in Kaapstad wat met kieserregistrasie verbind word, is ʼn aanval op die stem-proses en elke inwoner se reg om vry en sonder vrees deel te neem. ʼn DA-wykskandidaat in die tussenverkiesing in Dunoon, Sinovuyo Dyokwe, is Saterdag vermoor. Jonathan Cupido van GOOD sê die Verkiesingskommissie,…
22 Jun 11AM 1 min

Jaarlikse hoenderskou bied iets vir almal

Die Namibiese Pluimveeklub nooi die publiek uit om hul jaarlikse Hoenderskou by die Windhoek Skougronde van 23 tot 28 Junie by te woon. Besoekers kan verwag om ongeveer 800 voëls van 'n wye verskeidenheid spesies en subspesies te sien, tesame met eiervertonings. Organiseerder Mariska Parreira vertel aan Kosmos 94.1 Nuus…
22 Jun 11AM 1 min

Jeugraad 'is deur Spyl en ander gekaap'

Reaksie word ontvang oor die Nasionale Jeugraad se algemene vergadering wat in gewelddadige chaos verval het. Minister Sanet Steenkamp het ingegryp en die verkiesings vir die uitvoerende voorsitter en raadsposisies stopgesit. Die groep eis nou 'n volledige, deursigtige ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat,…
22 Jun 10AM 1 min