Meer 'verkryging in vervaardiging sal werke skep'

Loading player...
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië het onlangs 'n begrotinggesprek in die hoofstad aangebied, waar onder andere werkloosheid bespreek is. Gebaseer op die Namibiese Statistieke-agentskap se 2023 Arbeidsmagverslag, staan Namibië se amptelike werkloosheidsyfer op 36,9 persent. Die breër, meer realistiese maatstaf van werkloosheid, wat diegene wat ophou werk soek het insluit, is aansienlik hoër op 54,8 persent. Jesaya Hano-Oshike, die vereniging se voorsitter het 'n oplossing.
19 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cran brei toegang tot netwerk uit

Cran het 'n belegging van 42,1 miljoen Namibiese dollar onder Fase 2 van die Universele Diensfonds aangekondig om digitale toegang in landelike gemeenskappe uit te brei. Die projek sal nege nuwe netwerktorings in die Karas, Kavango-Wes, Kunene, Ohangwena en Oshikoto-streke oprig. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê tot dusver is 39 persent…
16 Apr 3AM 1 min

Britse LP stoei teen 'no sex please, we're British'

Die herrie is los in Brittanje met die Arbeider-LP Samantha Niblett wat ‘n nuwe veldtog rakende seksopvoeding van stapel gestuur het, en nou wil sy ‘n reeks seksspeelgoed na die Parlement te bring as deel daarvan. Die leier van die Konserwatiewe Party Kemi Badenoch het fel kritiek teenoor Niblett gelewer…
16 Apr 3AM 1 min

Voorkoms van aborsie-pille wek kommer

NamPol het volgens sy dwelmverslag vir Maart 16 aborsie-tablette gekonfiskeer, terwyl daar in Februarie 50 tablette gekonfiskeer is. Dit is nie bekend in watter die streke die tablette gekonfiskeer word en waar dit gekonsentreerd is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die konserwatiewe aktivis en pastoor, dr. Shirley Magazi, gepraat.
16 Apr 2AM 1 min

Rasgebaseerde beleid beperk Starlink - Solidariteit

Solidariteit sê Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide beperk toegang tot bekostigbare internet, veral in plattelandse en onderbediende gemeenskappe. Die vakbond voer aan beperkings verbonde aan swart ekonomiese bemagtiging en lisensiëringsreëls, vertraag die bekendstelling van dienste soos entrepreneur Elon Musk se Starlink. Dirk Hermann van Solidariteit sê miljoene mense bly uitgesluit van…
16 Apr 2AM 1 min

Starmer sê Iran-oorlog is nie in Britse belang nie

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê hy gaan nie toegee aan druk van president Donald Trump om by Amerika en Israel se oorlog teen Iran aan te sluit nie. Trump kritiseer Starmer omdat hy geweier het om deel te neem toe die oorlog in Februarie begin het. Trump dreig…
16 Apr 1AM 1 min