Internasionale Moedertaaldag: Is Afrikaans Veilig in ’n Digitale Wêreld?

Loading player...
Môre word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier – ’n inisiatief deur UNESCO om die waarde van moedertale te erken en taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder. Die dag herdenk die studente van Bangladesj wat in 1952 hul lewens gegee het vir die reg op moedertaalonderrig – ’n geskiedenis wat ons herinner hoe kosbaar taal werklik is.

Vandag fokus ons op Afrikaans as moedertaal. Is dit veilig? Of verkeer dit onder toenemende druk? Ons ondersoek die mite dat moedertaalonderrig mense eentalig maak en bespreek hoe dit juis ’n stewige grondslag lê vir die aanleer van ander tale.

Met die 2026-tema wat die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig beklemtoon, kyk ons ook na die rol van sosiale media, stromingsdienste en digitale platforms: Kan tegnologie nuwe lewe in Afrikaans blaas? En watter praktiese stappe kan gewone mense neem om die taal te beskerm en lewenskragtig uit te bou?

’n Diepgaande gesprek oor taal, identiteit en die toekoms van Afrikaans in ’n vinnig-veranderende wêreld.
20 Feb 3AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Van Walvisbaai tot die Verhoog – Salvador Mouers se Musiekreis

Elmero Strauss gesels vandag met Salvador Mouers, ATKV Crescendo-wenner en die eerste Namibiese kunstenaar wat deur dié program bekendgestel is. Van Walvisbaai tot op groot verhoë, word sy musiek gedryf deur geloof, familie en eerlike lewensverhale wat aanklank vind by luisteraars.
20 Mar 5AM 5 min

Agter die Lied – Tamlyn Wessels oor Ek Slaap In Jou Hoodie

Tamlyn Wessels stel vandag haar nuwe enkelsnit “Ek Slaap In Jou Hoodie” bekend — ’n lied wat die gevoel van verlange en nabyheid op ’n eerlike en treffende manier vasvang. Met invloede van pop en folk, en lirieke wat fokus op die klein, betekenisvolle oomblikke van liefde, skep sy ’n…
20 Mar 5AM 4 min

Sal Jy Wil Jy? – ’n Eksklusiewe Geselsie met Irene-Louise van Wyk

Irene-Louise van Wyk se splinternuwe enkelsnit “Sal Jy Wil Jy” is vandag vrygestel, en dit is beslis iets wat jy nie wil mis nie. En dit raak nog beter — Jean-Louis gesels vandag met haar in ’n eerlike en insiggewende onderhoud oor die storie agter die lied, haar musiekreis, en…
20 Mar 5AM 5 min

Oliepryse, Oorlog en Afrika se Ekonomiese Toekoms

Jean-Louis gesels met Dawie Roodt oor die impak van stygende oliepryse te midde van die voortdurende konflik in die Midde-Ooste, en hoe dit ekonomieë regoor Afrika raak. Met waarskuwings dat volgehoue hoë brandstofpryse en moontlike tekorte groei met tot drie persentasiepunte kan knou, word die vraag gevra of optimistiese groeivoorspellings…
19 Mar 2AM 2 min

Gesels met Jaime Smith oor "Level Up: Adulting is for Real"

Vandaggesels Elmero Strauss met Jaime Smith oor haar splinternuwe boek Level Up: Adulting is for Real, wat hierdie Vrydag, 20 Maart, vrygestel word. Ons ontdek die inspirasie agter die boek, die boodskap wat Jaime wil deel, en die betekenis van hierdie nuwe vrystelling.
18 Mar 5AM 9 min