Namibië neem deel aan dekarboniersingsprogram

Loading player...
Namibië is gekies om deel te neem aan die CIF Nywerheid-dekarboniseringsprogram, 'n wêreldwye inisiatief wat deur die Wêreldbank en ander vennote ondersteun word. Die land kan tot 250 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 4,7 miljard Namibiese dollar, in konsessiefinansiering ontvang om die oorgang na lae-koolstofproduksie te versnel. Die fokus is op die ondersteuning van privaatsektor-projekte wat groen industrialisering bevorder. 'n Belangrike werkswinkel vir projekontwikkelaars word in Maart vanjaar beplan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, woordvoerder van die Groenwaterstofprogram, wat meer het oor aansoeke wat al ontvang is.
24 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EFF sal voortgaan ongeag sy vonnis, sê Julius

EFF-leier Julius Malema sê die party sal voortgaan ongeag die uitkoms van sy vonnisoplegging in die Oos-Londense Landdroshof in KuGompo City in die Oos-Kaap. Dit volg op sy voorvonnis-verrigtinge nadat hy skuldig bevind is aan oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer. Vonnisoplegging word môreoggend verwag. Malema, wat deur familielede ondersteun…
15 Apr 11AM 1 min

Engeland se Stokes ontken onmin met afrigter

Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, ontken gerugte van onmin met afrigter Brendon McCullum en sê hulle het 'n gedeelde visie vir die span. Hulle verhouding is onder die vergrootglas geplaas na Engeland se nederlaag van 4-1 in die stryd om die As in Australië. Hulle kontrakte strek tot volgende…
15 Apr 11AM 1 min

Ogilvy, The Collective bevorder plaaslike sport

Ogilvy Namibia het 'n vennootskap met The Collective aangegaan om sport in Namibië te bevorder deur spelers en afrigters te ondersteun. Dit is 'n gesentraliseerde platform om spelers landwyd profesioneel te bestuur en sodoende beleggings in Namibiese sport in te vorder. Tydens die bekendstelling van die program het Hanjo de…
15 Apr 10AM 1 min

Orano-aanleg toe weens swaelopbloei, waterbeperkings geld

Inwoners van Swakopmund en nabygeleë gebiede moet gereed te maak vir wateronderbrekings nou en dan, met NamWater wat aangekondig het dat 'n swaelopbloei die Orano-ontsoutingsaanleg van baan gedwing het. Tydelike waterbeperkings is nou in plek om beperkte voorrade te beskerm en billike verspreiding te verseker. NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata:
15 Apr 10AM 1 min