Rassie verdedig Pollard na skerp kritiek

Loading player...
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo die Bulle sal weer maklik by die nasionale opset inpas. Twaalf Bulle, wat die naweek nie beskikbaar was vir Bok-diens nie omdat hulle in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap gespeel het, is ingesluit in die groep van 46 vir die Nasieskampioenskap. Die losskakel Handré Pollard is gekritiseer vir sy swak spelpeil, maar Erasmus sê hy is 'n uiters betroubare wedstrydwenner:
22 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Iran-oorlog beperk voorraad van Patriot-missiele - Zelensky

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land het slegs sowat een-persent van die vereiste Patriot-onderskepmissiele in voorraad wat nodig is om die land teen Russiese ballistiese aanvalle te beskerm. Moskou het die afgelope weke sy ballistiese-missielaanvalle op Kiëf verskerp. Daar is tans wêreldwyd ʼn tekort aan onderskepmissiele weens die…
13 Aug 2AM 1 min

Aktiviste ruk op op Okahandja met panga-aanvalsaak wat uitgegooi word

Die aktivis Shaun Gariseb het skerp kritiek teen die Okahandja-polisie uitgespreek en die mag van diep gewortelde korrupsie beskuldig wat die gemeenskap se vertroue geskend het. Sy uitlatings volg op openbare verontwaardiging oor die wrede panga aanval op 'n jong plaaslike vrou. Haar saak is onlangs uit die hof gegooi…
13 Aug 2AM 1 min

PSG verslaan Aston Villa en behou Uefa-beker

Die kampioene van Europa, Paris Saint-Germain, het Aston Villa met 2-1 verslaan en daarmee opeenvolgende Europese Sokkerbeheerliggaam-superbekers in Salzburg, Oostenryk gewen. Khvicha Kvaratskhelia het die eerste doel vir PSG in die twintigste minuut aangeteken. Villa het positief reageer met hul 17-jarige debutant Brian Madjo wat die gelykmaker net voor rustyd…
13 Aug 12AM 1 min

Ampsklagkomitee gaan voort met sy werk na hofbeslissing

Die parlementêre Ampsklagkomitee sê hy neem kennis van die Konstitusionele Hof se beslissing wat die regstreekse aansoek vir verlof tot appèl teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak oor president Cyril Ramaphosa se interdik, van die hand wys. Die African Transformation Movement het verlede maand gepoog om die hof-uitspraak tersyde te…
13 Aug 12AM 1 min

Agra bied Namibia Genetics-veiling aan

Agra Auctions se Namibia Genetics-veiling vind Dinsdag, 18 Augustus om sesuur namiddag by die Agra/Bank Windhoek Ring in Windhoek plaas. Op aanbod is 45 bulle en 30 diere uit agt top-rasse. Die veiling is ook aanlyn via SwiftVee Namibia. Algemene bestuurder van Veilings by Agra Paul Klein het meer:
13 Aug 12AM 1 min