Staatsamptenare se 5% salarisverhogings bekragtig

Loading player...
Die algemene sekretaris van die Namibiese Openbare Werkersunie, Petrus Nevonga, het vandag 'n vaste maandelikse salarisverhoging van 700 Namibiese dollar vir staatsamptenare vir grade 14 en 15 aangekondig, effektief vanaf 1 April in die komende boekjaar. Dit sluit 'n basiese salarisverhoging van 5 persent vir grade 1 tot 13 in en daar is ook verligting vir Psemas-lede. Hy het dit aangekondig tydens die ondertekening van die onderhandelingsooreenkomste in Windhoek.
25 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek waarsku ook oor 'veldbrande'

Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om onmiddellik op te tree om hul eiendomme teen veldbrande te beskerm, en waarsku dat droë plantegroei na bogemiddelde reënval die risiko van vinnig verspreidende veldbrande aansienlik verhoog het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van die munisipaliteit, Lydia…
22 Jun 6AM 1 min

Cachalia sal die week brandpunte vir 30 Junie besoek

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sal die week besoek aflê by geïdentifiseerde brandpunte waar groter onbestendigheid verwag word as gevolg van die voortslepende protesoptogte. Die March and March-beweging, saam met ander organisasies, organiseer voortdurende protesoptogte teen buitelandse burgers en eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen 30…
22 Jun 6AM 1 min

Weer: 'n Trui saam met jou kortbroek en later, 'n sambreel

Weerkenners sê die weer sal nie meer so koud wees soos die afgelope week nie. Vir die boere beteken dit 'n kortbroek en 'n trui. Maar, die reën is nog nie verby nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson gepraat.
22 Jun 6AM 1 min

Landboukenner sê oor skuiwe deur Meatco, Beefcor, en Savanna se uitvoere

Namibië se beesvleisbedryf word toenemend gevorm deur strategiese keuses wat uitvoerabattoirs maak oor wáár en hoé hulle hul produkte bemark, keuses wat moontlik in die toekoms tot voordeel van plaaslike produsente kan strek. So 'n voorbeeld is Meatco se onlangse goedkeuring om direk aan Woolworths, verbruiker-gereed produkte te verkoop. Kosmos…
22 Jun 6AM 1 min