President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land het slegs sowat een-persent van die vereiste Patriot-onderskepmissiele in voorraad wat nodig is om die land teen Russiese ballistiese aanvalle te beskerm. Moskou het die afgelope weke sy ballistiese-missielaanvalle op Kiëf verskerp. Daar is tans wêreldwyd ʼn tekort aan onderskepmissiele weens die…
Die aktivis Shaun Gariseb het skerp kritiek teen die Okahandja-polisie uitgespreek en die mag van diep gewortelde korrupsie beskuldig wat die gemeenskap se vertroue geskend het. Sy uitlatings volg op openbare verontwaardiging oor die wrede panga aanval op 'n jong plaaslike vrou. Haar saak is onlangs uit die hof gegooi…
Die kampioene van Europa, Paris Saint-Germain, het Aston Villa met 2-1 verslaan en daarmee opeenvolgende Europese Sokkerbeheerliggaam-superbekers in Salzburg, Oostenryk gewen. Khvicha Kvaratskhelia het die eerste doel vir PSG in die twintigste minuut aangeteken. Villa het positief reageer met hul 17-jarige debutant Brian Madjo wat die gelykmaker net voor rustyd…
Die parlementêre Ampsklagkomitee sê hy neem kennis van die Konstitusionele Hof se beslissing wat die regstreekse aansoek vir verlof tot appèl teen die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak oor president Cyril Ramaphosa se interdik, van die hand wys. Die African Transformation Movement het verlede maand gepoog om die hof-uitspraak tersyde te…
Agra Auctions se Namibia Genetics-veiling vind Dinsdag, 18 Augustus om sesuur namiddag by die Agra/Bank Windhoek Ring in Windhoek plaas. Op aanbod is 45 bulle en 30 diere uit agt top-rasse. Die veiling is ook aanlyn via SwiftVee Namibia. Algemene bestuurder van Veilings by Agra Paul Klein het meer:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.