Weerkenners sê die weer sal nie meer so koud wees soos die afgelope week nie. Vir die boere beteken dit 'n kortbroek en 'n trui. Maar, die reën is nog nie verby nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese Meteorologiese Diens se weervoorspeller Albertina Anderson gepraat.
Namibië se beesvleisbedryf word toenemend gevorm deur strategiese keuses wat uitvoerabattoirs maak oor wáár en hoé hulle hul produkte bemark, keuses wat moontlik in die toekoms tot voordeel van plaaslike produsente kan strek. So 'n voorbeeld is Meatco se onlangse goedkeuring om direk aan Woolworths, verbruiker-gereed produkte te verkoop. Kosmos…
Die Algemene Vergadering van die Nasionale Jeugraad van Namibië, wat in gewelddadige chaos verval het en wat 'n onbepaalde uitstel van die verrigtinge afgedwing het, bly in die nuus. Minister Sanet Steenkamp het ingegryp om die verkiesings vir die uitvoerende voorsitter en raadsposisies te stop. In reaksie hierop het 'n…
Die Namibiese Mededingingskommissie verskerp pogings om openbare bewustheid oor billike mededinging en die rol daarvan in ekonomiese ontwikkeling te verhoog met komende inligtingsessies in die Otjozondjupa-streek. Die eerste sessie sal op 23 Junie by die kantore van die Ministerie van Nywerhede, Mynbou en Energie in Otjiwarongo plaasvind, terwyl die tweede…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.