Namdia se oorsig van die eerste kwartaal toon dat diamant verkope goed presteer het, ten spyte van ‘n daling in vraag in die internasionale mark. Die maatskappy sê ook hy het sekuriteit verbeter by sy hoofkantoor. Lelly Uusiku die waarnemende uitvoerende hoof van Namdia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Die Amerikaner Wyndham Clark het sy tweede Amerikaanse Ope-titel opgeraap met ʼn een-hou-oorwinning oor sy landgenoot, Sam Burns, by Shinnecock Hills in New York. Die 2023-kampioen het op vier-onder 73 klaargemaak. Tom Kim van Suid-Korea is derde met een-onder. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is gelykop vierde in sy poging om…
Die voormalige MK-partylede, Duduzile Zuma-Sambudla en Nhlamulo Ndlela, beplan regsoptrede teen hul skorsing uit die party. Hulle is verlede week geskors weens beweerde growwe wangedrag wat verband hou met hul optrede rondom die dood van ʼn mede-partylid, Muzi Ntshingila. Die party beskuldig die twee dat hulle ongemagtigde openbare verklarings gemaak…
Die Swakopmund Sages Senior Gholfspelersvereniging het onlangs kombuistoerusting ter waarde van 20 000 Namibiese dollar aan die nuutgestigte Palliative Care Namibia Erongo-sentrum geborg. Die skenkings is die opbrengs van die Sages Gholfspelers-toernooie wat deur die jaar by die Rossmund-gholfbaan in Swakopmund aangebied word. Sanet de Waal, hoof van die Kankervereniging…
Die Amerikaanse visepresident JD Vance sê vordering is gemaak tydens die eerste ronde vredesamesprekings met Iran in Switserland. Dit is ten spyte daarvan dat onderhandelinge gister onderbreek is, nadat president Donald Trump die Iranse afvaardiging gedreig het en deur Teheran se hoofonderhandelaar tereg gewys is. Die samesprekings volg nadat die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.