Iran sweer wraak op Israel, Amerika

Loading player...
Iran het wraak op Israel gesweer ná laasgenoemde vanoggend met lugaanvalle op die land begin het, gerugsteun deur Amerika. Iran beplan ‘n sterk reaksie, het die land se staatsbeheerde televisiekanaal berig. Intussen het die Israeliese weerman bevestig dat missiele van Iran na Israel op pad is. Ontploffings in die noorde van Israel is aangemeld soos die weermag missiele probeer onderskep en die land het ‘n noodtoestand afgekondig. Amerika se president Donald Trump het die land se betrokkenheid in die Iran-aanvalle bevestig:
28 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM 1 min

UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
13 Apr 11AM 1 min

Opwinding laai op vir ISAP Junior Ranger-kursus

Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
13 Apr 11AM 1 min