Ramaphosa pleit vir vrede in Midde-Ooste

Loading player...
President Cyril Ramaphosa is diep kommer oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste en waarsku dit is 'n ernstige bedreiging vir streeks- en wêreldvrede. Ramaphosa het alle partye aangespoor om maksimum selfbeheersing uit te oefen en ingevolge internasionale reg en die VN-Handves op te tree. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya het beklemtoon blywende vrede kan net deur dialoog en onderhandeling bereik word:
1 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM 1 min

UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
13 Apr 11AM 1 min

Opwinding laai op vir ISAP Junior Ranger-kursus

Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
13 Apr 11AM 1 min