Cosatu verwelkom tariefverligting aan twee myne

Loading player...
Cosatu het Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverligting van 62 sent per kilowatt-uur vir Samancor Chrome en Glencore-Merafe verwelkom. Die vakverbond sê die vyfjaar-ingryping kan afleggings voorkom en duisende werkgeleenthede beskerm. Woordvoerder Matthew Parks sê sodra dit deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika goedgekeur word, kan die ooreenkoms help om smelters te heropen en meer as 11 000 direkte werkgeleenthede te skep. Hy dring aan op breër hervormings om Eskom te bestendig en bekostigbare elektrisiteit te verseker:
1 Mar 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM 1 min

UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
13 Apr 11AM 1 min

Opwinding laai op vir ISAP Junior Ranger-kursus

Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
13 Apr 11AM 1 min