Nieu-Seeland kaptein vertrou hulle kan Proteas klop

Loading player...
Krieket: Nieu-Seeland se kaptein, Mitchell Santner, het volle vertroue in sy span se vermoë om Suid-Afrika vandag in Kolkata te klop in die halfeindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die Swartpette het in 2021 die eindstryd gehaal, maar teen Australië vasgeval, en in 2024 nie verder as die groepfase gevorder nie, waar die Proteas as naaswenners geëindig het. Santner sê hulle sal druk op Suid-Afrika toepas wanneer dit die meeste saak maak:
4 Mar 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meatco opgewonde om saam met Savanna Beef te werk

Albertus Aochamub, die interim hoof van Meatco, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels ná hy Savanna Beef aanlyn gelukgewens het met sy uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte. Hy sê hy hoop vir konstruktiewe samewerking.
13 Apr 4AM 1 min

SA se regters nes plaaslik, ook onder geweldige druk, 302 uitsprake wag

Die Kantoor van die Hoofregter het bevestig dat die regbank onder druk is aangesien 302 hofuitsprake nou amptelik laat is, die hoogste syfer sedert 2018. Sommige sake word vir meer as vier jaar vertraag. Die koördineerder van Judges Matter, Alison Tilley, sê die stygende werklas het steeds 'n uitwerking op…
13 Apr 4AM 1 min

Reëls oor SA se sitrusuitvoere suksesvol gewysig

Landbouminister John Steenhuisen het die suksesvolle wysiging van kouebehandelingsvereistes vir Suid-Afrikaanse sitrusuitvoere na China verwelkom, wat handel uitbrei en bilaterale bande versterk. Die opgedateerde protokolle sal na verwagting uitvoerdoeltreffendheid verbeter, koste vir produsente verminder en verseker dat hoër gehalte vrugte Chinese verbruikers bereik. Hy sê China bly 'n sleutelmark, met…
13 Apr 4AM 1 min

Britse minister vra oor doel van Trump se sosiale media plasings

Brittanje se gesondheidsminister Wes Streeting sê hy weet nie of dit ooit duidelik is wat Amerika se president Donald Trump in sy plasings op sosiale media bedoel nie. In ‘n onderhoud met Sky News, het Streeting sy teleurstelling uitgespreek dat vredesonderhandelinge tussen Amerika en Iran die naweek misluk het. Hy…
13 Apr 4AM 1 min

Omgewingassessering in Tsau //Khaeb Nasionale Park

Multi-agentskapspanne doen terreinbesoeke in die Tsau //Khaeb Nasionale Park as deel van Namibië se eerste strategiese omgewings- en maatskaplike assessering van die Suidelike Korridor-ontwikkelingsinisiatief. Die Omgewingsbeleggingsfonds, Omgewingshulpbronbestuur en Hyphen Hydrogen Energy evalueer hoe waterstofprojekte met sensitiewe ekosisteme en plaaslike gemeenskappe saam kan bestaan. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibiese Groenwaterstofprogram,…
13 Apr 3AM 1 min