Ou staatshuis moet Nujoma museum word - AR

Loading player...
Die AR-parlementslid, George Kambala het in die Nasionale Vergadering 'n versoek gerig om die ou staatshuis in 'n museum te verander wat die land se stigterspresident, Sam Nujoma, herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Kambala gepraat, veral rakende die land se prioriteite. Volgens hom moet Namibiërs hulle tradisies vier en nooit hulle helde vergeet nie.
5 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

McIlroy verdedig Augusta-titel suksesvol

Rory McIlroy van Noord-Ierland het sy Meesters-titel suksesvol verdedig en slegs die vierde speler geword wat die Augusta-Nasionaal twee keer na mekaar kon wen. Die 36-jarige speler het halfpad ʼn geskiedkundige voorsprong van ses houe gehad, maar was in ʼn dramatiese laaste ronde twee houe agter. Hy het egter op…
13 Apr 1AM 1 min

DA-leier Hill-Lewis stel vierpuntplan bekend

Die pas verkose DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê hy glo sterk die party kan Suid-Afrika lei en die grootste party in die nasionale regering word. Hy is gister by die DA se verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, verkies en volg John Steenhuisen op, wat verkies het om nie herverkies te word nie…
13 Apr 1AM 1 min

Weerdiens waarsku oor beduidende weerstelsel

Die Namibiese Meteorologiese Diens volg 'n beduidende weerstelsel wat oor die sentrale en suidelike binneland beweeg, met 'n 100 persent waarskynlikheid van donderbuie vir Windhoek en Keetmanshoop. Kosmos 94.1 Nuus het Albertina Anderson, 'n meteoroloog by die Windhoek-kantoor, om ‘n weervooruitsig genader:
13 Apr 1AM 1 min

Voedselinvoer-teiken: NNN is uit voeling met realiteit

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n ambisieuse plan bekend gestel om voedselinvoere met 80 persent te verminder voor 2030, namate die land plaaslike produksie en uitvoere verhoog. Terwyl onlangse syfers groei in mielies, vrugte en groente se markaandeel toon, waarsku kenners dat Namibië se strawwe, droë klimaat in die pad kan…
13 Apr 12AM 1 min