Innoverende slagregte deur Savanna uitgereik

Loading player...
Savanna Beef Processors het aangekondig dat hy slagregte sal uitreik. Die toewysing van die slagregte sal gebaseer wees op 'n gekombineerde verhouding tussen elke kwartaal van die finansiële jaar. Dit is 'n baanbrekende innovasie aangesien die regte op die Namibiese Sekuriteitebeurs verhandel kan word, wat 'n eerste vir Namibië is. Dit sal groter likiditeit, waardeontsluiting en markgedrewe toegang tot abattoirkapasiteit vir produsente en beleggers bring. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus ekonoom Romé Mostert gepraat wat verduidelik.
5 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1 en Stad Windhoek onderteken samewerking ooreenkoms

In 'n poging om plaaslike dienslewering te bevorder, sal Stad Windhoek en Kosmos 94.1 onder die Copps 94.1-vaandel 'n belangrike memorandum van verstandhouding onderteken. Die seremonie is geskeduleer vir vandag by Stad Windhoek se raadsaal. Darren Smith, die koördineerder van Copps 94.1, deel die opgewondenheid oor die ondertekening.
12 Apr 11PM 1 min

Gauteng-skole ervaar krisis met tot 70 leerders per klaskamer

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, waarsku teen 'n ernstige krisis met oorvol in skole in die dorps- en binnestedelike gebiede, met sommige klaskamers wat tot 60 en 70 leerders per onderwyser moet akkommodeer. Maile het tydens 'n media-inligtingsessie gesê stygende leerdergetalle, verouderende infrastruktuur en minder nuwe skole…
12 Apr 11PM 1 min

TransNamib waarsku teen reënskade

TransNamib doen 'n beroep op die publiek om waaksaam te bly namate die nasionale spoorwegoperateur inspeksies verskerp na onlangse infrastruktuurskade. TransNamib-woordvoerder Alina Garises het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat infrastruktuurskade veral hoog is tydens swaar reën en dat die publiek ook versoek word om enige kriminele aktiwiteite soos klipgooiery…
12 Apr 6AM 1 min

Kamala Harris oorweeg Withuis in 2028

Die voormalige vise-president van Amerika, Kamala Harris, sê sy oorweeg om weer in 2028 as presidensiële kandidaat vir Amerika te staan. Sy het dié aankondiging tydens ’n vergadering van die National Action Network, ’n burgerregte-organisasie in die VSA, gemaak toe sy pertinent daaroor gevra is. Harris het die 2024-verkiesing teen…
12 Apr 5AM 1 min

Solidariteit soek deursigtigheid met Denel-oudit

Die vakbond Solidariteit sê die wapenvervaardiger Denel se interne oudit na bestuurskwessies by Denel Pretoria Metal Pressings moet ten volle deursigtig en onafhanklik wees. Die vakbond waarsku vertragings en onvolledige verslagdoening kan die krisis by die staatsbeheerde wapenmaatskappy vererger. Derek Mans van Solidariteit sê kommer is in Januarie uitgespreek nadat…
12 Apr 4AM 1 min