Walvisbaai-hawe verwag meer skepe oor Midde-Ooste konflik

Loading player...
Iran het die Straat van Hormuz gesluit vir skeepvaart, en volgens berigte begin skepe ook die Suez-kanaal en Rooisee vermy weens die oorlog in die Midde-Ooste. Verskepingsmaatskappye het reeds begin om hul skepe vanaf die Ooste na Europa en Suid-Amerika om die Kaap die Goeie Hoop te herlei. Dit beteken die Walvisbaai-hawe, wat hoër op die wêreldranglys is as Suid-Afrikaanse hawens, kan hieruit voordeel trek. In 2023 toe die Suez-kanaal gesluit was, het Walvisbaai 'n 32 persent jaar-op-jaar styging in vasmerings aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Elias Mwenyo, uitvoerende bestuurder van Namport, wat bevestig hulle verwag meer skepe en is gereed daarvoor.
6 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Cat' Matlala ontken hy het oud-polisiegeneraal gunste gevra

Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala het bevestig hy ken die voormalige polisie-generaal Kgomotso Phahlane, maar het hom nooit gunste gevra of enige vergoeding aangebied nie. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het hom ontmoet toe hy nie meer in die polisie was nie. Matlala sê ook hy het die…
17 Aug 11AM 1 min

Landbou sal sowat N$8 miljoen vir ploegseisoen verskaf

Petrus Nangolo, adjunk-uitvoerende direkteur by die landbouministerie, sê die fondse wat na verwagting vir die komende ploegseisoen aangewend sal word, sowat 8 miljoen Namibiese dollar beloop. Dit sal gebruik word vir die herstel van toerusting vir boere, die aankoop van onderdele en brandstof, asook vir reiskoste van ministeriepersoneel wat by…
17 Aug 11AM 1 min

Swakop-munisipaliteit oorhandig eerste landbou-tuinerwe

Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs amptelik die eerste landbou-tuinerwe oorhandig aan inwoners wat die uitdaging aangepak het om die dorp se landskap deur landbou te transformeer. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, is die inisiatief geïnspireer deur inwoners wat reeds agterplaas-tuinmaak beoefen en 'n behoefte aan bykomende grond uitgespreek het…
17 Aug 10AM 1 min

Ramaphosa vra klimaat-veerkragtige SADC-voedselstelsels

Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die versterking van landbou-waardekettings en die bou van klimaat-veerkragtige voedselstelsels moet voorkeur geniet om voedselsekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese groei te ondersteun. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskaps-beraad in Durban gevra vir verhoogde landbouproduksie, sterker streeks-voedselreserwes en groter ondersteuning vir klein- en opkomende boere…
17 Aug 10AM 1 min

Olie- en Gaskonferensie 'moet dividende van bedryf ondersoek'

Die vierde Namibiese Olie- en Gaskonferensie open môre en duur tot Donderdag in Windhoek. Die geleentheid word gehou onder die tema “Van Besluit tot Dividend: Maak Namibië se Olie vir Namibiërs Werk”, en sal beleidmakers, bedryfsleiers, beleggers, innoveerders en belangrike belanghebbendes byeenroep. Kosmos 94.1 Nuus het met energieprokureur Shakwa Nyambe…
17 Aug 10AM 1 min