Naretu sê oor Namib Mills staking

Loading player...
Die Namibiese Rewolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsvakbond, Naretu, het ‘n beroep op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om by die staking by Namib Mills in te gryp. Sowat 1 000 werknemers by verskeie takke van Namib Mills staak reeds vir meer as agt weke terwyl die partye sukkel om ‘n loondispuut te besleg. Naretu se president, Petersen Kambinda, waarsku dat die voortgesette staking voedseltekorte kan veroorsaak en in ‘n nasionale krisis kan ontaard. Die stakers is ook reeds die afgelope twee maande sonder ‘n onkomste gestrand. Naretu-president Petersen Kambinda het Kosmos 94.1 Nuus op hoogte van sake gebring:
9 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop-munisipaliteit oorhandig eerste landbou-tuinerwe

Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs amptelik die eerste landbou-tuinerwe oorhandig aan inwoners wat die uitdaging aangepak het om die dorp se landskap deur landbou te transformeer. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, is die inisiatief geïnspireer deur inwoners wat reeds agterplaas-tuinmaak beoefen en 'n behoefte aan bykomende grond uitgespreek het…
17 Aug 10AM 1 min

Ramaphosa vra klimaat-veerkragtige SADC-voedselstelsels

Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die versterking van landbou-waardekettings en die bou van klimaat-veerkragtige voedselstelsels moet voorkeur geniet om voedselsekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese groei te ondersteun. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskaps-beraad in Durban gevra vir verhoogde landbouproduksie, sterker streeks-voedselreserwes en groter ondersteuning vir klein- en opkomende boere…
17 Aug 10AM 1 min

Olie- en Gaskonferensie 'moet dividende van bedryf ondersoek'

Die vierde Namibiese Olie- en Gaskonferensie open môre en duur tot Donderdag in Windhoek. Die geleentheid word gehou onder die tema “Van Besluit tot Dividend: Maak Namibië se Olie vir Namibiërs Werk”, en sal beleidmakers, bedryfsleiers, beleggers, innoveerders en belangrike belanghebbendes byeenroep. Kosmos 94.1 Nuus het met energieprokureur Shakwa Nyambe…
17 Aug 10AM 1 min

Skuld aan mikroleners nou nasionale krisis: Shiimi

Parlementslid Iipumbu Shiimi het 'n ernstige nasionale krisis uitgelig en gesê dat oorweldigende skuld aan mikroleners sommige Namibiërs tot depressie en selfmoord dryf. As voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie tydens openbare verhore in Oshakati, het Shiimi gewaarsku dat roof-uitleningspraktyke burgers, veral staatsamptenare, met byna geen netto salaris…
17 Aug 10AM 1 min

'Cat' Matlala oefen swygreg uit voor kommissie

Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala weier om vrae te beantwoord voor die Madlanga-kommissie wat hom moontlik kan benadeel. Dit handel veral oor die Medicare24-kontrak, wat die onderwerp is van hangende strafregtelike aanklagte. Die Polisiediens het sy onderneming gekontrakteer om gesondheids- en risikoverwante dienste te lewer, maar die tender is intussen…
17 Aug 9AM 1 min